Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 April 201927 April 2019

Louis Esterhuizen. Klein ballade vanuit ʼn veetrok

Klein ballade vanuit ʼn veetrok

(Op Vryheidsdag, 27 April 2019)

 

Hoe lank sit jy al hier op die sylyn

by Holfontein se stasie duskant Kroonstad

in ʼn veetrok toegespyker,

hoe lank al saam met soveel ander

ingehok tussen die saagsels, skewe karton

en strooihalms met

ʼn holte

 

in die middel van die plankvloer

vir ekskrement terwyl julle wagtende bly

op die Führer se vlagbekroonde trein

om volgens afspraak

ook hier tussen die gatsrante deur

te snel?

 

: Glo onderweg na sy hiér kiep-kiep,

dáár kiep-kiep, woerts

weer weg.

 

Koperbruin die dag, blinkswart die klip

toe oplaas die bewimpelde lokomotief digby

jul eenkantkompartement

verby klop-klop, tot sug. Vir ʼn wyle vertoef

om kool en water in te neem

hier by Holfontein se lafenis duskant

ʼn eie Valsrivier.

 

: En jy, op die sylyn in ʼn veetrok,

kry ʼn loergat. Kyk,

sien!

 

Armlengte van jou, die Führer

in sy ruit, geklee in rooi werkerspak

en baret, eien jou oog

deur die opening tussen plank

en spykers: rig die dageinde rooier as ʼn roos

in sy kristal wynglas

op jóú

 

terwyl hy met sy regterduimnael ʼn snylyn kerf

oor sy keel hier in naasliggende treine

op ʼn halfvergete sylyn

êrens in ʼn uitgedroogde Vrystaat-

vlakte.

 

Eers wil jy knak, maar toe die Führer ruk-ruk

buite raam skuif namate sy befaamde

vorentoe, duisel jy, want hierdie teenoorstel-

lende beweging van naaslig-

gende: beweeg julle as gesylyndes

of die ander?

 

Eindelaas klepel twee trekke die fluit

en een van twee lokomotiewe blaas sy stoom

in ʼn bolling spoorlangs, dryf

naas jou verby en jy meteens sien

tussen klip en

staal

 

ʼn enkele kosmosblom pienkverleë

te midde van soveel beweging

na alkante

toe –

 

: En hoe lank, hoe lank anker dáárdie blom

jou nou hier steeds op Holfontein

se sylyn aan die duskant waar die dag

bruin soos koper is

en blinknat

die gekettingde klip

om

 

stofbevlekte grafte in ʼn marmerraam

waar eens die buurt

se uitgediende slagpaal was.

 

 

(c) Louis Esterhuizen / April 2019

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Oorgang

2e gedagtes oor “Louis Esterhuizen. Klein ballade vanuit ʼn veetrok”

  1. Waldemar Gouws says:
    3 May 2019 at 19:50

    Beste Louis, deur die werkbare sekulêre lens, onder andere, en as fokus die kollektiewe Afrikaanse eskatologie op die spits van ‘n renaissance van die buurt se slagpale – móét jy nou fataal soontoe mik?

    Kan jy dalk, met ‘n kleiner of groter ballade, uiting gee aan ‘n individuele die-bliksem-in-wees rakende die noodlot?

    Groete

    Waldemar

    Reply
  2. De Waal Venter says:
    28 April 2019 at 15:12

    Heelwat pakkende inligting hierin verpak, Louis. Die samevloeiing (conflation) van die Nazi-gruwels met ons Suid-Afrikaanse verlede en potensiaal ewe skrikwekkende hede. Hier het jy vir ons ‘n voorbeeld gegee van hoe poësie relevante kommentaar kan lewer op huidige gebeure en toestande. Moet ‘n digter standpunt inneem, Wagneriaans Nazi-neigend, of altyd heeltemal buite die kroeggeveg bly? Pablo Neruda het gesê, nee, ek klim in en baklei met alles wat ek het. Sy werk staan soos ‘n wapperende vlag vir dink en doen wat jy as reg beskou. En toe vergiftig hulle hom tot die dood.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d