Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 September 20194 September 2019

Breyten Breytenbach. Stilskryf fragmente

STILSKRYF FRAGMENTE

 

« And yet we go on living closed lives, pretending we are not each personally responsible for

   the deaths we buy and sell. We go on living our sheltered lives among the potted plants

   and automobiles and advertising slogans. We don’t want to know what the world is like,

   we can’t bear very much reality. » Sam Hamill, A Poet’s Work

 

*

poësie, my lankmoedige leser,

is ‘n gebaar van rillende gewaar

wording in die rigting vanwaar

stilte vir oulaas gewaar is

 

*

(maar begrip is slegs vibrasie

van die klepklier

die lier van klip

wat verstand genoem word

wanneer die plons van verplasing tussen ons

rimpelend uitkring

om in die poel

van nieweetnie te sink :

 

die lippe se sê is sêsand

 

daardie oorgangsbeweging

tussen bestaan en niebestaan

waar verstand soos sand nie kan tel nie

is ‘n galming van lig se anderwoordlied

in andersworddonkerte se gebied)

 

*

poësie helaas is ‘n daad van geloof

per definisie slegs oordraagbaar

van my hart tot joune

om daar soos die woordsprekende padda

wat maak of sy ‘n haas is

in die oond uit te doof

 

*

*

(die voëlverskrikker)

 

jy vra of daar ‘n lyn is

soos ‘n kwyldraad deur die digterslewe ?

dalk tog. of soveel so

dat ek nie weet of dit ‘n geheue aan self

                                                                sou wees

of die tou wat so bewe                             (en sing)

waaraan wat ek is

my opgehys het om in die hemel te kom

vir die gaan-verstaan van die maan se dinge

                                                             en nou bly hang

om mummiedroog te word

en te draai

te draai in die donker wind

se binnensmondse woordverslinding

of is daar ‘n verskil in die murmeling ?

 

*

 

maannaamnalaatsels

 

*

ons deel hierdie aardbol

rol in die ruimtestof

blaf geluidloos hondsdol

 

vir die niet. soek bedoeling

byt mekaar dood

soek liefde soek kos

 

word groot en siek

en onderdanig baklei

vir vryheid. droom

 

verloor ons drome verloor

die belewenis van die wêreld

versaak die lig. verloor ons sin

 

blaf geluidloos hondsdol

tol in die ruimtehol. stol

tot woordstof oor hierdie aardbol

 

*

poësie, ek sê

         is om met geslote mond

al die variasies op ‘n niebestaande tema

te sing                           as enigste uiting

wat ons met die onkenbare

in gemeen mag beding

 

*

want poësie, leser, word gebaar

in rillende gewaarwording

van die rigting vanwaar

jou stilte vir oulaas

gewaar is

 

voordat woorde

dit soek-soek doekvoet agterhaal

en ingeloop

beroof van alle geloofwaardigheid

 

*

en om dood te gaan

bietjie-bietjie maar kort-kort

die verrottende wond te lek

en met die laaste besittings

papier, dans-partituur, klip toegedraai

in lap in ‘n kissie ingespit verword

 

hier en daar en elders orals waar

of wanneer die tyd op hande is

jy lankal gewoond geraak

vergete al vergeet het

hoe om sterwend te moes lewe

sodat geen dood jou

ooit soos ‘n haan

weer op hol sal kan jaag

 

*

en gedig dan ?

is die woordweerskyning

van die verdwynende gesig

hier in die papier ?

 

.

[© breyten breytenbach. 2019] 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Breyten Breytenbach. 8 Januarie →

3e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. Stilskryf fragmente”

  1. Waldemar Gouws says:
    16 September 2019 at 13:41

    Veels geluk met die verjaardag, Breyten! Mag dit gaan soos wat Sebald oor een van sy personasies geskryf het: vir hom het sekere momente geen begin of einde gehad nie.

    Ons is baie gelukkig om dankie te kan sê vir die werke van jou hande (wat hul eie lewe gekry het). Van werk kan niemand – of dit Adorno is of ander – jou iets vertel nie.

    Klee se woorde uit 1928 is toepaslik: “My hand is geheel en al die instrument van ‘n verder-verwyderde sfeer.”

    Groete van al wat leef en beef (en lees) in die Overberg.

    Waldemar

    Reply
  2. Maria Snyman says:
    8 September 2019 at 19:24

    “die lier van klip
    wat verstand genoem word”

    Pragtig vir my!

    “die woordweerskyning
    van die verdwynende gesig”

    Praat ook boekdele met my!

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    5 September 2019 at 18:59

    poësie, ek sê

    is om met geslote mond

    al die variasies op ‘n niebestaande tema

    te sing –

    Inderdaad so. ‘n Aangrypende gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Margaret Cordier-Biermann. Vonnis
  • Joan Hambidge. Eerste sneeu
  • johan swanepoel. tafel vir een
  • Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d