Breyten Breytenbach. 8 Januarie

8 Januarie

 

vroegoggend met die oog

die nagvrugte te pluk

een vir een

 

nie té lank daarna kyk nie :

in die droom is daar altyd

reeds die lyk se stiltebloei tot been

 

maar onder ooglede weg

lê een vir een

as sterre vir die donkerword

 

later vandag

 

 

[© Breyten Breytenbach / 2020]

Lees ook: reiseinde fragmente (Breyten Breytenbach).

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*

  •