Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 December 20197 February 2020

Binnekort op die rakke: Johann de Lange 60 – ‘n Huldiging

Johann de Lange 60 – ‘n Huldiging (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns)

Johann de Lange is die enigste digter van sy generasie – die sogenaamde Tagtigers – wat tot dusver met die Hertzogprys bekroon is.

Sy poësie vertoon ’n boeiende paradoks. Enersyds is hy verstegnies ’n besonder vaardige vakman wat tradisionele digvorme met gemak hanteer, andersyds is hy tematies ’n uitdagende vernuwer ten opsigte van die gay-erotiek. Verder is hy ’n meester van die interteks – en dié intertekste behels sowel die Afrikaanse letterkunde as die wêreldliteratuur.

Sy binnenshuise studeer- en stoomkamerverse word in elke bundel, waarvan daar reeds dertien sedert 1982 die lig gesien het, deur pragtige natuurgedigte en huldigingsverse vir geesgenote in die literatuur en kunste aangevul.

De Lange is benewens digter ook die skrywer van twee kortverhaalbundels en ’n dagboek, hy is ’n bloemleser en ’n vertaler. Al die aspekte van hierdie veelsydige skrywer kom in dié bundel – wat by geleentheid van sy 60ste verjaarsdag verskyn – aan die bod.

Die bydraes – akademies, persoonlik en kreatief – getuig van vriendskap en waardering vir ’n woordkunstenaar wat die Afrikaanse letterkunde verryk en verruim het.

Van die gehuldigde verskyn hier vir die eerste keer in boekvorm sy vertaling van Allan Ginsberg se beroemde gedig Howl.  Hierdie vertaling word onder meer bespreek in Tony Ulyatt se bydrae oor Johann de Lange as vertaler.

Hierdie publikasie deel is van ‘n reeks, uitgegee deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, oor Hertzogpryswenners. Johann de Lange het in 2011 die Hertzogprys ontvang vir die digbundel Die algebra van nood.

Daniel Hugo -Redakteur

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Dit sou ‘n goeie grap gewees het as Ghalib die enigste goeie digter was (Nachoem Wijnberg)
e.e. cummings.Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d