N.P. van Wyk Louw 50. Heilna du Plooy
Ná-gepraat
Vir N.P. van Wyk Louw
ons ’t weggegaan en ons bewoon
‘n windvervulde huis reg langs die see
ons vensters kyk met wydoop oë uit
op al die dae se oop-eindigheid:
deurskynend, alles onder hierdie son,
al ons liefdes en letsels ylheid en lig
in saffier en diep toermalyn
in akwamaryn en groen mosagaat
die vlekke en strepe bollende skuim
soos moeite, verdriet wit uitgemeet
teen die swart en blou skaduwee
van elke naggrou stormsee:
die see is water en wind en water
en wind en wind
en elke dag voer ons die meeue
weer en weer krummels teen die wind
© Heilna du Plooy
“Moeite, verdriet wit uitgemeet teen die Swart” Treffende segging. Evokatief. Is dit ‘n metafoor of vergelyking?