
Tweespraak
Deuteronomium 32:1-18
Luister, hemel, ek praat;
hoor my woord, wêreld:
Dié annerlike vers
is soos môredou,
reën oor die duine,
water op onse jaartse.
Ek wil die Here se Naam noem,
van Hom grootlikheid kom vertel –
regverdige Klip, onse goeie God.
Ook van hierielike mens
wat bitterlike dinge doen;
uit God se werk uit dros
en Hy se Wet agter los.
Mens dom van verstand!
Is Hy dan nie
jou se Maker nie?
Hy’t jou tog gekom plant
op dié wye en droewe land.
Die Here is die Arend wat kind
die nes uit skop, laat val,
weer oener hom in loop vlie
en op vlerke verderder dra.
***
Ek dink ek ken
die pyn,
die eensaam lye,
die groot begrafenis.
Net dan dié klein belydenis:
Geen onraad ooit beplan,
geen grensdraad ooit gespan!
Hoe tuis is jy, my volk,
onder
hierdie haelwit wolk
waar die woestyndier skree en
God jou omhels en versorg
soos die appel van sy oog?
Wie is die groot wit voël
wat
hang,
en hang
oor die see
soos ʼn wit gevaar?
Met ʼn boodskap in sy bek:
God het gras en grond
vir ons alleen gegee;
tsammas om te eet;
heuning in ʼn bos gelos,
garing uit klip laat ryg,
groot karoo en troppe bok;
tussen fynbosberge koring,
nuwe wyn en wingerdstok.
Nou huil die hemel daarbo,
want in plaas van die Arend,
het ek ʼn albatros geglo.
© Hans du Plessis, 2020

Dankie vir die kompliment, Gerard. Die bekende Nederlandse vertaler, Riet de Jong-Goossens, het ook heelparty gedigte uit my bundel BoegoeY vannie liefde, in dieselfde variteit, in pragtige Nederlands vertaal.
Onlangs las ik uw eerste bundel ‘Innie skylte vannie Jirre’, op Maroela Media heb ik enkele daarvan kunnen beluisteren. Geweldig!
‘n Klein taalstaning onder die groot suidersterre (om ook vir George Weideman by die vuur te laat kom sit).
Fyn, fyn net van die woord.G
WOORDVLAM
(vir al die ingehokdes)
hierdie sonnet
wil ‘n stukkende net span
om die vermoede te vang
dat Nicolaas Petrus Louw
wat na die dood se stilteryk
uit moes wyk
onderlangs sy genoegdoening sal grom
as hy moet weet
hy is nog steeds die gom
al lyk dit nie so nie
wat ons oujongbruide en ander verhaalverlaters
krom laat hurk van die sing
om die is-is vlammetjie woorde versigtig omkring
aan die lewe se bewe te hou
Dankie, Breyaten, as ek ʼn hoed gehad het, het ek nou dankbaar daarmee in my hand voor jou gestaan.
Lieflike en ruime vers, Hans du Plessis. Dankie namens baie. (Oom Wyk sou sy hoed agterna gegooi het!)
Dankie De Waal, die eerste spreker is inderdaad afrika. Hoe ver loop my gedagtes nou terug na die dae toe ons in RAU se koue gange saans almal met mekaar in en oor Afrikaanse gedigte gepraat het.
Damkie, Cas,ek waaedeerjou mooi woorde.
Beste Hans, baie geluk met en dankie vir jou verrykende en uitmuntende gedig in die Griekwa idioom.
Die Deuteronium in Griekwa-Afrikaans, Hans?
Ek hou veral van:Die Here is die Arend wat kind
die nes uit skop, laat val,
weer oener hom in loop vlie
en op vlerke verderder dra.