Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 April 202013 April 2020

Daniel Hugo. Sonnet

 

Sonnet

 

boeke staan al hoër gestapel

langs my bed: ’n Toring van Babel

waaruit stemme veeltalig murmel

en murmureer – my toring bly styg

anders as daardie Bybelse bousel

wat abrup in die bloute gestol het

ook hierdie gedig swel en sal nie swyg

totdat ek ’n rymwoord vind vir murmel

 

iemand fluister vanaf sy steier: verskuif

murmureer na die einde van die reël

en die rymklanke reën op jou neer

kyk dan hoe skarrel die messelaars

die skrynwerkers, die boumeester en argitek

om skuiling te kry op ’n doodstil plek

 

© Daniel Hugo, 2020

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Daniel Hugo. Like father, like son →

7e gedagtes oor “Daniel Hugo. Sonnet”

  1. Robert Schall says:
    16 April 2020 at 14:40

    Baie dankie, Daniel. – Ek moet erken ek het (weer eens) so ʼn bietjie van die oorspronklike teks afgewyk. Die spel met die beskikbaarheid van ryme is eintlik andersom in my ‘vertaling’ as in jou vers: die rymwoord ‘staunen’ vir ‘raunen’ is in die konteks baie ooglopend, en ‘quasseln’ het om die waarheid te sê baie min rymwoorde. Behalwe vir ‘prasseln’ kon ek net aan ‘rasseln’ (ratel), ‘vermasseln’ (brou, knoei) en ‘Asseln’ (houtluise) dink, maar met die hulp van aanlyn woordeboeke kry ek ook ‘Tasseln’ (tossels, nogal).

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    16 April 2020 at 13:03

    Ek is nuuskierig: hoeveel woorde rym in Duits op “quasseln”? Soveel as op “murmereer” in Afrikaans?

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    16 April 2020 at 12:09

    Baie dankie, Robert, vir ‘n vernuftige vertaling. En daar rym “raunen” toe byna met “staune”!

    Reply
  4. helize van vuuren says:
    16 April 2020 at 10:40

    karring, karring in die water
    tot hy bokant iets wat ooit geweet is
    nuwe, nuwe, ryker botter maak
    dit is ek, die siklotron is ek van “hic et nunc”-e
    – Van Wyk Louw, Junie 1955, ongepubliseerde
    onderdeel v “Grot”, later “Groot ode” se inset

    Bostaande tussentalige spel en skuif van woorde
    het my hieraan laat dink, die “gekarring” tot “ryker botter”.

    Reply
  5. Robert Schall says:
    16 April 2020 at 09:32

    Son(n)e(t)t

    Bücher stehen immer höher gestapelt
    neben meinem Bett: ein Turm von Babel
    in dem Stimmen vielsprachig raunen
    und quasseln – mein Turm steigt
    noch höher, anders als der biblische Bau
    der so abrupt gestockt hat im Blau
    auch dieses Gedicht schwillt, und schweigt
    nicht bis ich ein Reimwort finde für raunen

    jemand flüstert von seinem Gerüst: setz
    quasseln an das Ende der Zeile und staune
    wie die Reime auf dich niederprasseln
    schau dann wie der Maurer hetzt
    der Schreiner, der Baumeister und Architekt
    um Zuflucht zu finden in einem ruhigen Fleck

    Reply
  6. Bernard Odendaal says:
    13 April 2020 at 12:03

    Rym bly maar ‘n derdurwel.

    Reply
  7. Thomas Deacon says:
    13 April 2020 at 11:30

    Lummel

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d