Like father, like son
in elke taverne waar ek kom
(verkieslik ouderwets of Grieks)
geniet ek met gepaste eerbied
die sakrament van die wyn en brood
ter ere van my pa, die dienaar
van die nagmaal, die kelner van God
wat die formulier aan die gemeente
voordra soos hoogtepunte op
die antieke spyskaart van die kerk –
dié herinnering bring ’n knop
in my keel, laat my al swaarder sluk
© Daniel Hugo, 2020
