Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 July 202011 July 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Marlise Joubert

 

 

Tristesse

 

Jy het weggegaan, vyftig jaar gelede

en bewoon ʼn herberg in die swart vallei.

Buite is boom en wind en wind en waai

jou woorde hier soos krummels terug.

 

Ek het jou nooit geken nie, nooit ontmoet,

maar Tristia se kragtoer het sy weg gevind

na my eenvrouwoonstel, circa 1968,

toe ek alleen en jonk soos ʼn duif alle

aard-van-eksistensies wou verken.

 

Vandag lees ek weer terug in jou,

besef dat die eerste Mei hier ánders was.

Selfs een April kon jou fees nie huisves nie.

 

Ek wil jou alles vertel, maar heimlik hoop

ek jy hoor dit nie – dat jy liefs rustig slaap.

Tog wil ek net fluister dat daar in my tuin

wel enkele winterbloeisels steeds sing:

die ruie bougainvillea en die litroos

met bloedrooipienk trompette soos papier.

 

Helaas, ek sien geen honde nie.

Die parke is verbode en nog toegesluit

en elke straat is stil en sonder blaf.

 

Die liefde het oornag tot vrees geskif,

met vrees, soos weiwater dun en koud,

wat uurliks splits en vertak in onbegrip.

 

Sou jou woorde ooit hiér kon asemhaal ?

 

Alles wat jy vas kon pen, leef nog voort.

Dit troos in hierdie grendeltyd; dit straal

soms ʼn lig uit in ons donker, ongewete dae –

sál ook deur die maande wat nog kom.

 

Ja, ons aarde is nie eenvoudig nie!

 

Ons loop nie meer in klaarte nie;

ons weg is eensaam, méér as ooit tevore.

 

Ons monde met lap en gaas gesnoer.

Ons oë geblus met iets misterieus,

iets onsigbaar wat die dood

as klinkklare bewys agterlaat.

 

Opnuut knaag ek aan jou woorde,

soek na sleutels in al jou slotte.

Maar niks wil pas, buiten dié reël:

En die walg sal om die aarde walm.

 

© Marlise Joubert, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← N.P. van Wyk Louw 50. Ronel de Goede
N.P. van Wyk Louw 50. Thomas Deacon →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d