Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 July 202011 July 2020

N.P. van Wyk Louw 50. Thomas Deacon

 

’n Elegiese vers

met N.P. van Wyk Louw

 

in die baai lê die water stil en glad

maar rondom oor houtbaai en kampsbaai en seepunt

spuug die branders skuim

wat in die wit sand stol

in die baai het die wind gaan lê

water blink en glad soos ’n spieël

 

daar stap ’n ou man met sy hond

snuffel tussen skulp in spoelsand rond

(sien jy jouself in hierdie spieël?

ek is jou wese se onderwater

en ek blink op jou spoor

sonder om jou te verloor)

 

die seun met sy visblikskuitjie

span die seil – ’n bont sakdoek –

vaar weg oor die see

sonder spane waag hy dit oor die blou,

want die wind het gaan lê in die baai

(o waar sal jy gaan

en met watter skip?

en as jy wil vlug van hierdie strand

dan vlug ek en jou onderwese saam

selfs tot anderkant die oseaan)

 

die ou man loop en bid

om alles wat wind-berg-planeet

se aard het af te lê

en ’n wyle te broei oor die vrees

maar die seevoëls krys hulle weemoed uit oor die visblikskuit

wat vaar oor die blou

en uit oor die ou man wat vlug langs die see

(en jy vlug waarheen? vir wie?

want ek is jou wese se onderwater

en ek blink op jou spoor

sonder om jou te verloor)

 

© Thomas Deacon, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Thomas Deacon. ingeperkte drome
N.P. van Wyk Louw 50. Daniel Hugo →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg
  • Johann Lodewyk Marais. Saterdagaand

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d