Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 August 2020

Thomas Deacon. Ingeperk

 

ingeperk

 

die ou man op die stoep van die bordienghuis

probeer met knoetserige vingers

probeer met knoetsige hande

oor die bontbegrysde hare van die ou vrou streel

en verpulpte borste begin soos rose

stekelrig te rank   :

doringprikkies groei oor die ou man se hande

maar die lyf bly toktokkie :  sonder lyf

 

vir haar het hy ‘n botteltjie rooiwyn gebring

met ‘n prent van ‘n laggende nar daarop

en toe die ou man die wyn wou skink

het die bontbegrysde vrou hardop gelag

en die nar van die glas geskeur –

het sy die glans van die bottel óópgebeur –

toe bars haar horison met skuimborrels middeldeur

 

waarom is jy so kwaad, vrou met die verpulpte lyf?

waarom is daar ‘n skeur in die horison van jou verguiste hart?

dis die nag se verdriet van verlange na die ou man

na toktokkie-toktokkie-se-klop

maar die ou man se lyf bly doodhouertjie styf

 

eens het visioene soos rooigewangde appels

aan haar liefdesboom gehang

sy ‘n witgebeende eva wat uit oerbeen wakker word

het langs sý ribverwoeste lyf kom lê

sy lispel met ‘n addertong en reik met albei hande

na die appels van sy lyf

 

hoor hoe word die klapklank van haar tong

klein-klein happies wat verby die sterre spoel

en planete uit hul baan laat tol

om toi-toi weg te dans : nag van blou genot

 

as die sterre bokant boorde

hortende blinkblits uitskiet in die swart

sal ‘n engel kiewietvlerke klap en pollie ons gaan pêrel toe

op sy trompie t!goem

sal haar adam uit sy slaap ontwaak

en saamspeel hande klap en voete stamp

vir sy groengeblaarde lispelvrou wat pollie ons gaan pêrel toe

vir appelboorde sing?

[want wat hang mooier as rooiwangappels langs die pêrelpad

en wat proe soeter as ‘n blinkgebleste appel

uit songesteelde boorde?]

 

hang jou harp aan die droë tak van ‘n wilgerboom

en stort verdrietbloed uit jou hart

want ‘n appel rol soms vér :   verby die verste wegblyster

 

oor die vrou se papgeworde lyf spoel verlangesweet

van vergange riviere

maar stokstokkielyf sonder lyf lê die ou man

gekruisigde bene verdor en die ure tik-tik-

toktokkietik oor haar lyf

 

© Thomas  Deacon, 2020

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Thomas Deacon. vars brood en botter
Thomas Deacon. Wensdenkery →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d