Thomas Deacon. Wensdenkery

 

wensdenkery

 

om die son soos ‘n soetlemoen af te skil

en die skywe soos nektar uit te suig

Is tog wensdenkery

want soos ‘n rooi papawer hang hy aan sy hemeltak

maar tog verlep hý die rooi papawer nooit

en as hy malse pitjies oor woestyne skiet

gryp selfs palmbome       vlesige vingers

na sy rooi gesig

 

© Thomas Deacon, 2020

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*

  •