Post-Koronagedigte
Liefde in die tyd van korona
Vanselfsprekend ‘n masker
vir beide liefhebbendes,
geen aanraking of soen nie; selfs
in verskillende tydsones, vreemde
vastelande nes ‘n kinderlegkaart
verkeerdom of onderstebo afgedruk.
Jou plek én myne (terselfdertyd);
net ‘n gedeelde skerm: min of meer.
© Joan Hambidge, 2020
