Post-Koronagedigte
Openbare dele
ek dra ‘n das
en ‘n masker
wat netjies pas
tot my verstomming
steur niemand hulle
aan my vermomming
trouens, ek verbeel my
ek’s nou een van die kudde
soos Sol en Gobelet
het ek maar vroeër geweet
aan jou openbare dele
word mens gemeet
wys nou net jou neus
of jou groot smoel
en dis klaar met Kees
so dra jou masker
en abra kadabra
jy’s ‘n makker
© Christo van der Westhuizen, 2020