Aleksander Wat. Vertaling in Afrikaans
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (36)
Aleksander Wat. Afrikaanse vertaling uit Czeslaw Milosz se Engelse vertaling van die Pools.
‘n Fragment uit “Songs of a Wanderer” [“Liedere van ‘n wandelaar”]
II
Gewalg met alles wat lewe het ek my teruggetrek in die klip-
wêreld, hier het ek gedink, bevry, sal ek van bó waarneem,
maar sonder trots, die dinge
verstrengeld in chaos. Met die oë van klip, myself ‘n klip tussen klippe, en
sensitief soos hulle,
pulserend na die son se draai. Terugtrekkend in my eie dieptes, klip,
bewegingloos, stil, koud-wordend, teenwoordig in ‘n tanende
aanwesigheid – in die koue
aantrekkingskrag van die maan. Soos sand verminder in
‘n uurglas, gelykmatig,
Eindeloos, uniform, korrel vir korrel. So sal ek slegs onderhewig
wees aan die ritmes van dag en nag. Maar –
geen dans in hul, geen rondgetol, geen gejaagdheid: net
kluistenaarswet en stilte.
Hulle word nie, hul is. Niks meer. Niks
meer, het ek gedink, walgend
van alles wat word.
Ek, ’n klip tussen klippe (…)
***
From: Songs of a Wanderer
Aleksander Wat, 1962
II
Disgusted by everything alive I withdrew into the stone world: here
I thought, liberated, I would observe from above, but
without pride, those things
entangled in chaos. With the eyes of a stone, myself
a stone among stones, and like them sensitive,
pulsating to the turning of the sun. Retreating into
the depth of myself-stone,
motionless, silent; growing cold; present through a waning
of presence – in the cold
attractions of the moon. Like sand diminishing in
an hour-glass, evenly,
Ceaselessly, uniformly, grain by grain. Thus I shall be submitted
Only to the rhythms of day and night. But –
No dance in them, no whirling, no frenzy: only
monastic rule, and silence.
They do not become, they are. Nothing else. Nothing
else, I thought, loathing
all which becomes.
I, a stone among stones (…)
Nota: Aleksander Wat (1900-1967) is in Warschau gebore, waar hy filosofie studeer, en die Poolse Futuristiese Dada-beweging begin het. Van 1932-1939 in Soviët interneringskampe in Pole, die Oekraïene en Kiev. In 1957 vlug hy uit Pole en van Soviët-vervolging. Hy bly tot sy dood in ballingskap in Italië en Frankryk.
Bronverwysing:
Wat, Aleksander. 1971. Mediterranean Poems. Edited & translated by Czeslaw Milosz. Ardis/Ann Arbor.