Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 January 2021

Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans

 

Osip Mandelstam (1891-1938). (Photo by Fine Art Images/Heritage Images/Getty Images)

 

 

Osip Mandelstam. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws

 

Die ekstra lengte van Paganini se vingers

 

Die ekstra lengte van Paganini se vingers

Sou enige troepie Sigeuners laat opskop

In ‘n vinnige Tsjeggiese dans, ‘n Hongaarse czardas,

Of laat pluk het aan ‘n polonys.

 

Maar jy, meisie, ydel en astrant,

Wie se klank swel soos die Jenisei,

Beur my op met jou aanslag, jou Poolse poppie,

En daardie bultjie krulle op jou kop

Sou ‘n sieraad wees vir Marina Mnishek se gelaat.

Klein Juffer Musikant, jou strykstok wip sy stert.

 

Gee my ‘n opstopper met ‘n Chopin met goudbruin hare,

Met ‘n nugtere Brahms – Nee! Wag!

Slaat my met Parys, so woes lewendig,

Met ‘n karnaval van meelblomstof en sweet

Of die driftige gebruis van ‘n jong Wene

 

Wat rinkink in ‘n dirigent se swaelstert,

Op ‘n Donou met vuurwerk en spronge

En ‘n wals wat speel van doodkis af tot by die wiegie,

‘n Wene stralend, soos dronkheid.

 

Dus, speel totdat jou hart ontplof,

Speel, ‘n kat se kop skree in jou keel!

Daar was drie duiwels, die vierde is jy,

Die laaste, wonderbaarlik en vol in die blom!

 

5 April-Junie 1935

 

***

 

The extra length of Paganini’s fingers

Osip Mandelstam

 

The extra length of Paganini’s fingers

Would make any troop of Gypsies shake a leg

In a quick Czech dance, a Hungarian czardas,

Or picking out a polonaise.

 

But you, kid, vain and brazen,

Whose sound swells like the Yenisei,

Console me with your touch, you Polish cutie,

And that mound of curls on your head

Would grace the brow of Marina Mnishek.

Little Miss Musician, your bow is putting on airs.

 

Knock me out with a Chopin with chestnut hair,

With a sober Brahms – No! Wait!

Hit me with Paris, savagely alive,

With a carnival of flour dust and sweat

Or the heady froth of a young Vienna

 

That frisks, in a conductor’s coat and tails,

On a Danube with fireworks and leaps

And a waltz that plays from coffin to the cradle,

A Vienna radiant, like drunkenness.

 

So play until your heart explodes,

Play, a cat’s head yowling in your throat!

There were three devils, the fourth is you,

The last, marvellous and in full bloom!

 

                                                 April 5-June 1935

 

Uit: Mandelstam, Osip. 2016. Voronezh Notebooks. Translated from the Russian and with an introduction by Andrew Davis. New York: New York Review Books (p.20).

 

Geskryf tydens die digter se ballingskap in die stad Voronezh (omtrent 450 km ten suide van Moskou) nadat hy in Nov. 1933 ‘n anti-Stalin gedig geskryf het. Hy is toegelaat om aan die stad se filharmoniese bedrywighede deel te neem. In 1937 is hy na Siberië verban,en het die daaropvolgende jaar gesterf.

 

Die Jenisei is ‘n rivier wat deur Sentraal-Siberië loop na die Arktiese See. Dit is, volumegewys, Rusland se grootste rivier. Marina Mnishek, of Mnizech, (1588-1614) ‘n Poolse prinses, polities uiters ambisieus, wat Tsarina van Rusland geword het gedurende die Tyd van Moeilikheid. In Russiese folklore bekend as Marinka die Heks. Sy figureer ook in die werk van Pushkin en Mussorgski.  

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans
Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans →

1e kommentaar op “Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans”

  1. Siep du Hugville-Collooy says:
    31 January 2021 at 18:27

    Voltreffer – en vrolik, meesleurend, so kort voor die end.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d