Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 March 2021

Louis Esterhuizen. Tweeluik (Stemgreep)

Tweeluik
NP van Wyk Louw, vyftig jaar later

I

Die hekke lê oop, die hoekpale omgestoot.

Niemand kom na buite of gaan binnetoe –
in iedere skuilte smul die eens gevreesde
nou as vertroueling aan
elke kouseltjie wat in die rondte
gestuur word.

Kyk, die hekke lê oop, die grensdrade slap.

Ongediertes loop vry in toegegroeide strate
en wonder waar almal heen is: stig brand,
breek af, niemand kom na buite
of gaan na binne. In elke tuiste word
vrees opgedis

as troos, want wanneer hoop

bloot ’n liggaam koud en stil in die gras is,
word die huis met ’n harder gebrul
en ’n nuwe woede
gevul

namate skrik, hongerte en dors soos brood
in stilte gebreek word waar
iedereen

op sy eie is. En alleen. Met geen hek
om ooit weer dig
te maak.

II

Generaal, o generaal –

Nou’s nié die tyd vir hinkepink nie,
nie die plek om jou ore met praatjies te stut
daar tussen die tente waar konkoksiestories
in hul potte prut nie.

Nou is sterftyd. O, deurlugtige, die vaandels
en trompetgeskal in aantog oor die vlakte
is jou nié ter wille nie, die rooksinjale
oor jou stede geen vreugdevuur –

Dis eie vestings wat brand. O generaal,
nou is nié die tyd vir skuinskyk nie,
want in hierdie uur
sterf ons: aan hierdie
nou
en hier.

[soundcloud url=”https://api.soundcloud.com/tracks/999025876″ params=”color=#ff5500&auto_play=false&hide_related=false&show_comments=true&show_user=true&show_reposts=false&show_teaser=true” width=”100%” height=”166″ iframe=”true” /]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: Die gladde stiltes in glas (Louis Esterhuizen)
Alwyn Roux. ‘n Geskiedenis van literatuurwetenskap in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d