Lamentasie by die verlies van
Ek dra my swart rok/ rou oor die dood
van die groot Binne Biblioteek wat deel was van die Groot Berg/ bind
lang swart linte
om my verwilderde hare
in toom the hou
ondraaglik die stem van as
paragrawe van as
alles verpas
soos ’n auschwitz van gas
die duinende lamentasie
van die denne, roet en as
wat troos soek in eindelose
holtes van die vlamme
die Kaapse storm en die aan
houdende geween van gedagtes
wat so lank in stil sale
gerus
het/ ek het my swart linte verloor
ek huil/ ek hoor die fladdering van papier
of apokriewe geskrifte van ene Bleek
wat lank en rustig hier vertoef het/ ons het almal die asem van woorde verloor.
Rus sag of leun of vlug want alles is daarmee heen.
(Met verwysing na die Jagger biblioteek by die Universiteit van Kaapstad.)
© Melanie Grobler, 2021