Metaforiese transaksie
Met soveel onrus tussen ons,
lê ek verbande sinneloos:
Jy Agamemnon, ek Klutaimnestra?
‘n Oorlog word emosionele geweld
(silence is golden) (stilswye is goud)
rooi papawers
flits op papier:
‘n andersoortige toneel
(soos) ek kelk die sonlig uit jou dooie keel.
Die gedig raak bewapen
in ‘n armed vision
ter nagedagtenis in memoriam sous rature
nooit weer sal ek
my vreemde liefde blootlê
eerder in die vagevuur
nadink oor gemis
beweeg van vlak tot vlak
in Dante se Goddelike komedie.
© Joan Hambidge, 2021

Nie n wond nie maar n geboortevlek.
Met hierdie vers gee die digter die onsterflikheid
self aan die verlore beminde:
“die sonlig gekelk uit haar dooie keel”