Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 May 202121 May 2021

Pirow Bekker. Aan oom Lokomotief (Genootskapper vanouds)

 

Aan oom Lokomotief (Genootskapper vanouds)

 

Lokomotief, gemotiveer

tot barstens toe,

tot meer as voorvatter,

jy wat so hoog opgegee het oor “yge taal”,

deur jou eie mense gehaat is,

so erg dat ene jou glads wou skiet

maar Piet, Paul en Klaas kon saamsleep

die hele volk agter jou maak inval

en “finnig” met die rympies saam

laat ry – jy wat stoom verloor het

oor jou Afrikaans konsuis bespotlik raak,

jou “vuurwa” soos hulle dit stel,

deur jouself “op ‘n doodloopspoor gestoot” –

jy is waarlik die swye in rangeer.

 

Oom Lokomotief, ou flinke stomer,

kan jy nie nou maar uitskei nie

met my betrokke te wil hou?

Lewe geblaas wil hê in ou gewrigte,

die verdiksels in die elmboë gebreek,

plaak van die tande geskuur

cholesterol uit toevoerpype geskud,

die stof van bouvallige trajekte afgespoel

sodat die staal glashelder sal antwoord

op wie daarteen tik. Bowenal geroeste reste,

klapperende tromme des doods, agtergelaat.

 

Lokomotief blaas nie warm én koud nie;

jy staan as blote oorlas hier,

van alle weë verwyder, infrastruktuur

op jou vermors.  Dis verby,

die gloed van iedere kool gesmoor,

die asem vir ‘n fluit gesluk.

Jy’s genoeg verweer, jy’s klaar

met wat waar geloods word,

watter vrag versamel, van stapel gestuur –

jy wag, dikdom anachoreet,

hier waar jy niks, niks jou moveer nie,

behalwe net die spooktreine wat snags

soos hulle oor die netwerk spoed

wissels opruim in hul vaart

die stukkie spoor onder jou laat ril

en iewers binne daar nog ‘n klinknael skiet.

 

Ou stommerik, jou mense sku weg

van jou taalmanewales af.

Kan jy nie maar uitskei nie

met my weer betrokke te wil haal?

 

© Pirow Bekker, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Pirow Bekker. Uit die Bergtesgarten →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d