Uit die Bergtesgarten
Verskoon die inbars, kameraad Poetin,
maar hier kom al meer berigte in:
Die blomme in ons berghofmagasyne
raak nou gevaarlik min.
‘n Mens vra jou af, geagte President,
waar is al die blomme heen?
Kan nie wees vir bruilofruikers nie
en vir blitsbegrafnisse maak nie sin.
Waar dan is al die blomme heen,
die blomme uit ons bergingsplekke?
Dis nie blindelings gegooi nie,
nog minder rugwaarts op resepsies.
Iemand raap dit uit die lug,
jong hande van ‘n nuwe bruid.
Waar anders is die blomme heen –
tog seker nie na kindertuine?
O, waar is al die blomme heen?
Met u agtergrond, geëerde generaal,
herken u waarskynlik reeds die kode –
geheime, militêre taal.
Terwyl ander in die duister tas,
word die el ‘n streep getrek,
word so die horison geopen
vir die groot Blom en vir vrek.
© Pirow Bekker, 2022
Treffend gestel, Pirow.