Onomastikon
Jy vra my uit
na onomatopee …
Die intieme klanke
van verlies, bely ek stáán
soos einde, einders,
horison, sonsondergang …
opgeteken:
die sagte s-geluide
van ‘n slang,
fonopoeia,
sedert
sy
sonder
slag
of
stoot
s s s s s s
seil en sinonieme soek
vir my dalk nog ‘n gedig
wat staan in die plek
van ‘n staning
onder Sappho se sterre:
só bou sy aan ‘n woordeskat
vir haar, ‘n afwesige skat.
Beste Jacobus, die ryk beeld van ‘n kariatide as metafoor vir die digter (hierdie digter en enige ander) klink vir my bietjie dik vir, sê maar, ‘n vyfrandstuk.
In “Onomastikon” hierbo is dit tog Sappho wat genoem word en nie, nogal teenstellend, die maagdelike Artemis nie, want dis ter ere van lg. wat die priesteresfigure blykbaar opgerig is daar in Karuai en op die Akropolis. Maar dalk sit ek die stoel mis. ‘n Priesteres kan “multi-task.”
Groete
Waldemar
Die digter as kariatide in n
wordingsgeskiedenis
van onomastikon tot elegiese mitologie.