Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 June 2021

Joan Hambidge. Onomastikon

 

Onomastikon

 

Jy vra my uit

na onomatopee …

Die intieme klanke

van verlies, bely ek stáán

soos einde, einders,

horison, sonsondergang …

opgeteken:

die sagte s-geluide

van ‘n slang,

fonopoeia,

sedert

sy

sonder

slag

of

stoot

s s s s s s

seil en sinonieme soek

vir my dalk nog ‘n gedig

wat staan in die plek

van ‘n staning

onder Sappho se sterre:

só bou sy aan ‘n woordeskat

vir haar, ‘n afwesige skat.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Redondilla
Joan Hambidge. Waterpoel →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Onomastikon”

  1. Waldemar Gouws says:
    19 June 2021 at 20:18

    Beste Jacobus, die ryk beeld van ‘n kariatide as metafoor vir die digter (hierdie digter en enige ander) klink vir my bietjie dik vir, sê maar, ‘n vyfrandstuk.

    In “Onomastikon” hierbo is dit tog Sappho wat genoem word en nie, nogal teenstellend, die maagdelike Artemis nie, want dis ter ere van lg. wat die priesteresfigure blykbaar opgerig is daar in Karuai en op die Akropolis. Maar dalk sit ek die stoel mis. ‘n Priesteres kan “multi-task.”

    Groete
    Waldemar

    Reply
  2. Jacobus Swart says:
    19 June 2021 at 05:27

    Die digter as kariatide in n
    wordingsgeskiedenis
    van onomastikon tot elegiese mitologie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d