Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 June 202128 June 2021

Thomas Deacon. my mentor: Petra Müller

 

my mentor : Petra Müller

 

jare gelede het jy

die sweep van die woord

oor my versukkelde verse geklap

ek was geduldig, ek was gedwee

en soos die osse van jan f celliers

het ek padlangs gestap

met skowwe wat bult onder jukke

oor paaie waar woorde soos stof

oor my kliptogte waai

 

maar nou :

 

al is uitspan verby

sal jy vir altyd en altyd

my togleier bly

 

* Ironies dat die gedig op 17Junie geskryf is, nege dae vóór Petra se afsterwe .

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Petra Müller (27 Julie 1935 – 25 Junie 2021)
Thomas Deacon. My taal →

2e gedagtes oor “Thomas Deacon. my mentor: Petra Müller”

  1. Breyten Breytenbach says:
    29 June 2021 at 11:00

    Verskoon die slordige tikwerk… (En dis nie eens Cofidianus se skuld nie!) In my bogaande inskrywing, ook bedoel as erkentlikheid teenoor Thomas Deacon se veelseggende vers, moet dit natuurlik die ‘praktyk’ van die voor-die-hand-liggende wees wat vir my ‘n uitstaande eienskap van Petra Müller se doen en syn was, en nie ‘praktyd’ nie. Al sou mens dan ook so prakties moontlik met tyd wil omgaan wanneer die kissies druiwe verpak word hier met parstyd. Dis juis met daardie wynword voor die ewige wanneer geen verweer meer geprakseer kan word nie, ook nie vir geheelonthouers nie, en die kissies of jammerklagte of lyke en woorde partykeer sommer kaal weggegooi word op vullishope, dat ons nie kan nie bekostig om Petra Müller se aanwesigheid in stilte te laat verdwyn nie.

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    28 June 2021 at 11:42

    nou gaan dit om

    hoé om

    die dood mak te maak

    soetjies, soetjies

    sodat sy soetvoetjie

    met bokkomkuite

    langs jou kan kom

    lankuitlê en soetjies

    besit van jou neem

    om jou asem uit te blaas

    sonder al die geraas

    van stilte

    En net soos jy, Thomas Deacon, het ek ook al ‘n tydjie gelede die bogaande geskryf. Was dit met Petra Müller, die mooi Swellendamse nooi, in gedagte? Ek weet nie en wil dit ook nie weet nie. Geen gedig is ooit ‘generies’ nie. Wat ek wel wéét is dat ek haar onthou as ‘n suiwer mens, ‘n groot en diep skeppende gees wat besef het dat die ‘streek’, die ‘lokale’, en die ontginning en praktyd daarvan die enigste werklike toegang tot die ‘universele’ en die ‘inklusiewe’ is.
    Kom ons onthou haar woorde wat ons nie kan bekostig om stil te verdwyn nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d