Bekverby
talle blapse het ek in my lewe begaan
in die geselskap van ingeligte, gevatte
meesters van die vak, maar die meeste
is nou reeds dood, troos ek myself al te graag
tot onverhoeds dié dwangidee my tref:
sekerlik gaan hulle oor my skinder
in die ongenadige hiernamaals –
die gehoor daar is verbysterend uitgelese
en boonop tydloos internasionaal
van Calvyn tot Komrij, van Opperman tot Khajjam
geen wonder ek ontwyk desperaat die dood
drink sielalleen my dop en mompel in my baard
© Daniel Hugo, 2021

Netjies, kompak, treffend, sinvol, veelseggend. Goed geskryf, Daniel!