Knapsekêrel
vir Pieter Fourie
in die telegraafkantoor
het jy as klerk veral dit
geleer: om woorde te tel
en hul waarde te weeg
want dit kos ’n prys
om bondig te berig oor
die lewe: sy vreugdes
en die durende ellende
jy het toe reeds geweet
waar om die woord stop
te plaas: dat jy elke sin
tot stilte moet dwing
Uit: Openbare domein, Naledi, 2018
knap