Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 October 202119 October 2021

Nini Bennett. Die mense in my kerse

 

Die mense in my kerse

 

Om ’n kers te brand,

is ’n kuns. My lig rank

in die van katedrale, ek bid

teen die duisternis van die eeu,

droom my hoogste visioen.

 

Innuendo. Die vrou met die vraagteken

op haar rug, demensie se inlas,

onthou is die afwesige een.

 

Die roofridder wat my hart weggedra het –

hy is op pad, ek voel dit in my murg,

my diepste skaduwee

die kultus geheime wat net minnaars ken.

 

Illuminare. Die navorser wat snags oor

haar sleutelbord aan die slaap raak,

’n leeftyd in die akademie,

’n paper in die pyplyn –

 

Die kankerlyer wat vra om te sterf

want dis haar geboortereg, die doula

wag by die rivier.

 

Om ’n kers te lees,

is ’n kuns. Dis die fynkyk

van druipkeëls en karst. Kurator

van waswerk is ek, druppels vuur

word grotpêrels en oerkandeliere.

Preller se laagbrand smelt

‘n madeliefie sonder blaker. Ek slaap,

ek sien my siel en dit brand stip:

die droomliggaam weet meer

as die wakende een.

 

Die mense in my kerse

 

’n middelpuntvliedende dans,

’n vlag, flakkerend,

Ragnarok se godeskemering

voor my ligbel

in repe waai.

 

© Nini Bennett, 2021

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Meiboom
Nini Bennett. Snow →

1e kommentaar op “Nini Bennett. Die mense in my kerse”

  1. Christa F. de Vries says:
    25 October 2021 at 18:00

    Om Nini te lees, is altyd n diepe ervaring van ontdekking,taalverryking,en spirituele gewin. Haar beeldspraak voer jou mee, dog haar woordkeuse bly reguit, sonder omhaal. En dis ook die bondige netheid van haar gedigte wat ek glo elke ontluikende digter sal wil nastreef.
    Mentor en digter soos min.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d