Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 December 202123 December 2021

Nini Bennett. Snow

 

SNOW, Isa Steynberg

 

 

SNOW*

(Vir Isa Steynberg)

 

die haaivlakte ontwaak

boslande en dwergbome vol oumansbaard –

passasies van bome: katedrale

in die sneeu

denne, else, berke, lorke,

sparre     .fototrope se gode

 

die ys smelt

kwiksilwer – ’n snaardun koue

hang aan takke

die helder ys

edelgesteentes se rilling aaneengerygde sterlig

 

wit is die kleur van verlorenheid

dis nie ’n kleur nie

dis ’n delusie in wit

’n Vortex sneeu, ’n werwelwind

 

beswyming – Cave se kristalverdowing

 

wit is die woord

en witter die wederwoord

in winter se bewaarwater van wit

 

© Nini Bennett, 2021

 

 

* Die groepsuitstalling, Red Right Hand (27 November 2021), soos ondersteun deur Gordon Froud, het gefokus op die werk van Nick Cave.

Kunstenaar: Isa Steynberg

SNOW: Pigment op linnebord

54cm x 76cm

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Die mense in my kerse
Nini Bennett. Da Capo →

2e gedagtes oor “Nini Bennett. Snow”

  1. De Waal Venter says:
    24 December 2021 at 08:12

    ‘“Ekfrasties” is dalk meer korrek.

    Reply
  2. De Waal Venter says:
    24 December 2021 at 07:27

    Ek vind dit ‘n knap ekfraktiese gedig. Soos dit die doel is van hierdie tipe vers, beskryf dit ‘n ander kunswerk, in hierdie geval ‘n kunswerk deur Isa Steynberg. Skerp beelde soos “snaardun koue”, “aaneengerygde sterlig” en “dwergbome vol oumansbaard” tower die landskap op in die leser se gemoed.

    Die intertekstuele “haaivlakte” stel ook die landskappe van Opperman in die loep.

    Vrae: “sparre .fototrope se gode” – Het die spasie na “sparre” ‘n funkie? En die plasing van “.fototrope” sonder ‘n spasie na die punt?

    Tweedens: Is die sydelingse verwysing na Cave funksioneel? Die leser kan Steynberg se beelde in die gemoed oproep sonder om die kunswerk voor die oë te hê, maar dié van Cave net met behulp van ‘n paar woorde?

    Maar die gedig is baie genietbaar en mens verlustig jou in die trefkrag van die gestroopte taal.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d