Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 November 2021

Joan Hambidge. Mitopoeia

 

 

Mitopoeia

 Vir Albie Bates

 

Die private mitologie van my digkuns

dalk ‘n axolotl of salamander?

 

‘n Platanna lê glo eiers

ingespuit met ‘n swanger vrou se urine.

 

‘n Salamander vlugvoetig, genaamd

sonkyker kan vuur weerstaan bepaald.

 

Skurwejantjie in aanhouding sku vir teel

gesmokkel vir medisinale-handel.

 

Die vers stol onverwags toe ek verneem

van jou dood vanoggend,

‘n oorgang waarop ons

al lankal wag.

 

Eenspaaiig is die digter,

met die ouvolk-oog:

ontdek ‘n foto van wildeganse

in Joseph Campbell

se The flight of the wild gander:

 

goosey, goosey gander,

who wanders upstairs

and takes a man

by the left leg

and throws

him downstairs …

 

Ek sê ’n gebed op

namens jou

wat opstyg

soos daardie wildeganse,

vrygemaak in ekstase

 

en smokkel die platanna

saam met ‘n salamander in

‘n afskeidsvers vir jou.

 

© Joan Hambidge, 26 Oktober 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ons liefde as ‘n rympatroon
Joan Hambidge. Wonderboom →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Mitopoeia”

  1. Joan Hambidge says:
    22 November 2021 at 09:14

    Sterkte vir jou Ria.

    Reply
  2. Ria Sherriff Bates says:
    20 November 2021 at 15:01

    Die gedig was baie vertroostend : bv die gebruik van die woord oorgang , soveel sagter as dood en an die einde visialiseer ek hoe vlieg Albie saam met die wilde ganse in die hoogte. So mooi! baie dankie, gaan dit nog baie lees en luister. Ria

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d