Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 November 2021

Joan Hambidge. Mitopoeia

 

 

Mitopoeia

 Vir Albie Bates

 

Die private mitologie van my digkuns

dalk ‘n axolotl of salamander?

 

‘n Platanna lê glo eiers

ingespuit met ‘n swanger vrou se urine.

 

‘n Salamander vlugvoetig, genaamd

sonkyker kan vuur weerstaan bepaald.

 

Skurwejantjie in aanhouding sku vir teel

gesmokkel vir medisinale-handel.

 

Die vers stol onverwags toe ek verneem

van jou dood vanoggend,

‘n oorgang waarop ons

al lankal wag.

 

Eenspaaiig is die digter,

met die ouvolk-oog:

ontdek ‘n foto van wildeganse

in Joseph Campbell

se The flight of the wild gander:

 

goosey, goosey gander,

who wanders upstairs

and takes a man

by the left leg

and throws

him downstairs …

 

Ek sê ’n gebed op

namens jou

wat opstyg

soos daardie wildeganse,

vrygemaak in ekstase

 

en smokkel die platanna

saam met ‘n salamander in

‘n afskeidsvers vir jou.

 

© Joan Hambidge, 26 Oktober 2021

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Ons liefde as ‘n rympatroon
Joan Hambidge. Wonderboom →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Mitopoeia”

  1. Joan Hambidge says:
    22 November 2021 at 09:14

    Sterkte vir jou Ria.

    Reply
  2. Ria Sherriff Bates says:
    20 November 2021 at 15:01

    Die gedig was baie vertroostend : bv die gebruik van die woord oorgang , soveel sagter as dood en an die einde visialiseer ek hoe vlieg Albie saam met die wilde ganse in die hoogte. So mooi! baie dankie, gaan dit nog baie lees en luister. Ria

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d