l’origine du monde (Gustave Courbet)
ek soek in jou
diep
die sagte grond waaruit ek skeur
en dolend in ‘n heelal uitdyend
leeg
vol flou vêr sonne
swart kolke en die toevallige komeet
vra ek madam
gun ‘n gewone man
net een vaste verwysings-
punt
maak jou bene wyd oop
© Nic Groenewald, 2022
