‘n mediterreense agtermiddag
‘n mediterreense agtermiddag
vol son en wind en wind
‘n lug wit van wind
wat buig en vee
plak geblomde rokke vas
teen boude en sagte buike
van vroue
wie suurvye pluk
en versigtig trap en vat
vir skaapstekers en pofadders
seuntjies jil en skater
pluk met silwer boë
twakkies en harders
uit vlak sloepe
en die wind
skud die son
‘n duisend skerwe
In die baai
© Nic Groenewald, 2022
