Annora Eksteen. Digterspa
Digterspa
gisteraand by ‘n funksie
het ek ‘n man sien sit
sy denkersvoorkop en silwer hare
het my weer aan die dink
oor my pa gesit
vanmiddag het ek hom sien sit
die ou digter met sy hand op sy ken
die ou draadstoele
die stinkhout
die soetdoringboom
my windklokkies klingel sag
troostend in die ligte wind
hy praat met my en sê
nokkie my ou bokkie
ek verstaan
jy’s ‘n digterskind
dis van my
dit kom daarvandaan
en ek stuur my pakkie aan
Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll