Epiloog
Slegs hy wat braaf genoeg is
kyk die dood stip, vierkant in die oog
knip snel sy lewe se geknoopte draad kort
sonder ʼn opgevoude skrywe, sonder ‘n gewyde slotbetoog
dan pas hulle hom, en sy swart hond, saam in ʼn kis.
Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll