Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2022

Meyer van Rensburg. Londen, Mei 2020

 

Londen, Mei 2020

 

Langs die Teemsserpentyn

sluimer die metropool nou:

lam gelê deur die pandemie

leun dit stil terug, siekerig vaal en grou,

want die polsslag is traag:

torings, tempels en koepelkatedrale,

teaters, nagklubs en kroeë

is toe, leeg en verlate

soos uitgewerkte myne,

net ’n effense gesnork

van eensame busse of klik-klak-moltreine.

 

Maar hy sal weer uit die slaappak ontklee,

uitstrek, gaap en diep asemskep

om suurstof te gee

vir wagtende lewensvure

en bloed te laat pols

deur bultende spiere,

om dan oopoë wawyd wakker

te sing, te fuif en te vier deur nagtelike ure,

want dit oorleef reeds vantevore

Vikings, Kelte en Romeine,

Anglo-Saksers en Sven Gaffelbaard se Dene,

Normandiërs, die Groot Vuur, builepes en die Duitse Blitz

en kom steeds weer op sy bene.

 

Hierdie gebombardeerde en beblitzde stad

staan reeds dikwels op uit rommel en as

en sal nou weer feniksagtig verrys uit dié slaap,

om dan groter te groei as wat dit ooit was.

Straat en plaveiselpaadjies sal wriemel:

’n skare stedelinge en weetgierige toeriste

wat babbelend, gretig as kosmopoliete wil aanskou

watter opwinding hierdie hoofstad inhou.

 

Hier raak ’n mens nooit verveeld nie

want dis eeue gelede al reeds voorgeskrewe:

“As jy moeg is vir Londen

is jy moeg vir die lewe!”

 

© Meyer van Rensburg, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Goue bolle
Meyer van Rensburg. Copernicus: Gesprekke met God →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d