Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 April 20227 April 2022

Anton Döckel. Ikone

 

Ikone

 

Daar is weer ’n oorlog

die keer in Oekraïne

 

verslaggewers en fotograwe

soos manskappe na die front

wat flitsende skote vuur

met die arrogante motto:

Die oorlog is nie wat jy sou sien nie

maar hoe ons dit vir jou opdis

met onderskrifte

 

Die regte lens, die regte hoek

en kliek-kliek met die glasoog:

Het jou!

 

Wanneer die berigte al ou nuus is

die konflik in die argief ter ruste

gaan jy dit só onthou –

met die ikoniese foto’s waarmee

die wêreld oorloë onderstreep

 

Che Guevara se oë

smeul onder sy beret

leef voort op T-hemde

Kim Phuc die napalmkind

en Hector Pieterson

bly vir altyd na ons arms hardloop

 

Sharbat Gula, Afghan girl

gloeiende groengeel oë

soos ’n kat in gevaar

se oorlog is verby?

trek tog haar sluier toe

daar is wéér ’n oorlog

die keer in Oekraïne

 

Soek nog gesigte vir ikone

dalk met ’n hommeltuig

’n doodskoot op ’n man

met arms omhoog

op die pad buite Kiëf

 

’n Teater uitgebom

verminkte woonstelle

en gewonde inwoners

haal nie meer die voorblad

 

As die manskappe van die media

verslaggewers en kameramanne

hulle toerusting oppak en onttrek

is die oorlog in Oekraïne verby

vir al wat ons weet

 

is daar hoop

dat die ikoniese sonneblomme

weer gesig sal kom wys

 

© Anton Döckel, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Die rooi woude van Tsjernobil
Bester Meyer. Van Anderkant die Dagbreek af →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d