Joan Hambidge. Oggendmeditasie 5

 

Oggendmeditasie 5

 

Die maan skryn bloedswaar

‘n eklips van die hart

Bonnie Tyler se coeur

‘n totale eksisie sowaar.

 

A-ritmies, asindeties,

soos in ‘n rillerverhaal

met weerwolwe, ‘n mes,

angs en al die res.

 

Jambies stap ek, struikel aan

oor ‘n klip soekend na holorym;

dalk eerder uitmiddelpuntige rym?

Eklips bloedswaar so waar dié maan.

 

 © Joan Hambige, 2022

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*