Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 June 2022

Bester Meyer. Gee, gee, gee

 

 

 

Gee, gee, gee

 

Ballingskap is ‘n sypaadjieverhaal

in die katakombes van die nag –

 

Ons rook die sigare van die Groot Trek.

Ons bou ons lugkastele van ‘n

nuwe wêreld, maar wie

sal die ingee erken?

Wie sal die komberse bring

vir die verslaafdes

op middel-passaat?

 

Ek staan in (my) kleurskakerings voor my naaste;

lees die voor-dagbreekverhale in die oë van die nag,

nog altyd getrou aan die glas-

kasteel wat ons bou –

 

Ek vergas myself met die advokaat

doen lankal nie meer die outobank-

vastrap, maar klik-klik

die skyfie

van my geoutomatiseerde paspoort-kaart.

Én stil slaap die junkies

verdiep in ‘n verslawingsdroom

oor die meer-as-genoeg,

die minder-as-genoeg –

 

die komberse tot bo opgetrek

maar die tone bly koud

soos wat mensvreterhonde

keer op die keer

die been kom lig.

 

Waar is die dolfyne wat moet vleg

tussen die lyne van

vryheid, gelykheid en broederskap?

 

Stadig pols die nag –

maak die straatverkopertjies

reg vir nog ʼn dag se arbeid,

wyl ons gee, gee, gee

vir die neonhart in beton,

 

ons sente, ons drome

ons toekoms vol gate.

 

© Bester Meyer, 2022

 

Foto’s: © Bester Meyer, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Walter Komoetie
Bester Meyer. Venus Kriya →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d