Joan Hambidge. Bitterbessie dagbreek vir oulaas

 

Bitterbessie dagbreek vir oulaas

 

Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son

O aarde, die spieël het gebreek

tussen al die tekste oor onse Ingrid

met soveel parodieë al besing.

 

Soek ek in Groot verseboek na haar,

loop maar in sirkels rond vervaard:

eggo’s en herkenning, selfs pryse

na haar vernoem, lê sy op bladsy

 

462 (Deel II) van haar beminde,

self al saliger, se bloemlesing verbind.

Nes Dirk-der-Duisende, koggelaar

in sy Kuns-mis en Komas sowaar.

 

Wie se bitterbessie-pyn, wáár klink

die bitterbessie-stryd nou op: krink

‘n eggo, nog ‘n antwoord, voltrek

‘n palinode: dié dennebos vertrek?

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Joan Hambidge. Bitterbessie dagbreek vir oulaas”

  1. Anton :

    Die Kind wil ook nie grootword nie, miskien markeer hy die pas

Los kommentaar

 

*