Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 202225 June 2022

Joan Hambidge. Opruiming 1& 2

 

Opruiming 1

 

Eenmalig glo, dié vertrek, meen jy,

met vergete ballonne op die Polana hotel

se stoep lank ná ‘n nuwejaarsfees

met ‘n buffet van seekos en wyn.

 

Soveel ‘jy-e’ vind ek by hierdie inpak,

oppak tussen boekkontrakte bewaar:

die rym neem ook ‘n hele lewe in beslag,

meen DJO in sy verse só goed verpak.

 

Is hierdie dan my Periandros of Edms. Bpk?

‘n Grammatika van vernugtering?

Daar was baie stryd en dubbelpraat

iets soos kognitiewe dissonansie.

 

Alles nou in bokse en leggers opgepak.

Dis systap, dwars-stap, ingooi, uitgooi

deur hierdie argivaris, immer op vertrek

uit ‘n kantoor rondom verslae en agendas.

 

As kind dikwels getrek na ‘n nuwe plek:

orals waar ek my voet sit was daar verhindering

of misplasing: ‘n foto van ons wasig verklap,

eenmalig glo, hierdie vertrek, meen ek.

 

Opruiming 2

 

By die Poorte vir die Laaste Oordeel

sal ‘n akademikus-cum-skrywer

geweeg en té swaar gevind word:

geen veer soos die Egiptenare beweer.

 

Die siel hier tans gekalibreer:

boeke, bloemlesings, notules,

dispute, aperçus, selfs verse

(onafgewerk) in ‘n rak as verweer.

 

Vir goedskiks dertig jaar verkeer

in ‘n ruimte met stof en spinnerakke.

Ontdek ‘n gedig oor Julia Kristeva

in hierdie speurtog van die leer.

 

The poetry is in the pity, the pity …

dat alles sou uitloop op ek wou …

Die raadgewer van ‘n Pous voormalig

weet van die self as matrioskas afgeskil.

 

Noodluik en Onderdak is reeds gebruik.

Noodweer klink nou as titel gepas op:

ook dít sal geen leser van die digkuns behaag.

Ons hoor die kritiek al kakel: helaas té vaag.

 

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Bitterbessie dagbreek vir oulaas
Joan Hambidge. Opruiming 3 & 4 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d