Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 June 202223 June 2022

“Vers en Vrou”: Laaste kans om dié bundel te bekom

 

 

AS JY NOG “VERS EN VROU” OP ‘N WENSLYSIE IEWERS HET, OF VAN IEMAND WEET WAT DREIG OF WOU: MOENIE UITSTEL NIE. DIE HUIDIGE VOORRAAD WORD NOU VERNIETIG.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Resensie: Die lewe is ʼn asem lank: Gedigte oor verlies en vertroosting (Frieda van den Heever, samest.) →

10e gedagtes oor ““Vers en Vrou”: Laaste kans om dié bundel te bekom”

  1. Joan Hambidge says:
    22 June 2022 at 21:10

    Waar o waar is NB uitgewers in hierdie debat?

    Reply
  2. Louis Esterhuizen says:
    22 June 2022 at 16:47

    Poësie het geen rakleeftyd nie. Punt. Poësie gaan oor jou menswees. Waar begin dit, en waar eindig dit?

    Reply
  3. Versindaba says:
    22 June 2022 at 15:29

    “Versindaba” het die opdrag om die Afrikaanse digkuns te bevorder. Daarom sal ons, binne die raamwerk van ons begroting, ‘n paar van dié digbundels aankoop sodat hier ‘n klein voorraad kan lê vir die wis en die onwis.
    Ons moet eenvoudig mekaar laat weet wanneer ‘n belangrike publikasie op die rand van verpulping staan sodat diegene wat dit wou gekoop het, dit nog betyds kan aanskaf – veral bundels soos “Vers en Vrou” en “Groot Verseboek”.
    Dit lyk ook asof “Vers en Vrou” verpulp sal word ongeag die groot voorraad wat nog beskikbaar is en sonder dat daar ‘n spesiale aanbod op onverkoopte voorraad sal wees.

    Reply
  4. Joan Hambidge says:
    22 June 2022 at 13:49

    Inderdaad skokkende nuus wat ‘n impak het op die hele digkuns en vir diegene wat bloemlesings saamstel.
    En werk oor kanonisering en bloemlesings …

    Reply
  5. Ronel de Goede says:
    22 June 2022 at 13:00

    Absoluut onverstaanbaar dat die voorraad ná’n skamele twee jaar vernietig word. Vers en vrou is ‘n knap bloemlesing wat nog jare lank beskikbaar moes gewees het. Dit is teleurstellende nuus vir ander antologiseerders wat jare lank aan versamelbundels werk. Dit wil voorkom asof daar ook nie veel eksemplare van Groot verseboek beskikbaar is nie.

    Reply
  6. Karen de Wet says:
    22 June 2022 at 11:57

    Die eerste twee paragrawe uit Shaun de Waal se bydrae in Carapace se reeks “On Poetry” destyds (gewoon lukraak op afgekom):

    “I didn’t read poetry for years. That much, at least, I had in common with the vast majority of my fellow South Africans, even my fellow human beings. Rather a poor show for a literary person, though. … I think the death of painting was its finest moment. But I do feel sad about the decline of the book, and that means all manifestations – including poetry.

    For the bibliophile, poetry is interesting because it comes in either very thin books or very thick books. Either it’s the slim volume or it’s the robust Collected. For a lover of print on the page, poetry in publication exhibits similar extremes: either it’s a few lines hanging above a lot of white space (lonely as a cloud, you might say), or it’s packed in tightly, anthology-form, with its headlines halfway or, worse, three-quarters of the way down the page, with perhaps a couplet or two to ward off the footnotes.”
    Carapace 47 p.27.

    Reply
  7. Karen de Wet says:
    22 June 2022 at 11:18

    Ek bly hiervan onthou. Laat ons die werklikhede hiervan, in hierdie kring (Afrikaanse) poësielesers, ook bly onthou. Ek het die woord uitgeskryf om dit in die oë te kyk: eenhonderdseweentagtig. Vir Breytenbach. Abraham het by vyftig begin en by tien geëindig.

    “Leti Kleyn aan Breyten Breytenbach: Wat is dit in jou werk wat dit so universeel maak dat dit vandag nog deur opkomende geslagte gelees en as relevant gesien word?

    BB: Is dit so? Indien wel, is dit seker omdat my 187 lesers in Afrikaans (opnames sal die getal bevestig, alhoewel dit al oor die jare gebeur het dat tot 200 eksemplare van ‘n bepaalde uitgawe verkoop is; nie almal wat koop, lees nie) nie kan uitwerk hoekom ek nie op die regte manier gehoorsaam geword het nie. Ek ook nie. Swak punktuasie help mens ook jonk bly.”https://argief.litnet.co.za/article.php

    Reply
  8. Karen de Wet says:
    22 June 2022 at 11:06

    Dankie, Versindaba, vir die deel van die inligting. Dit is sekerlik nie die eerste of ongelukkig waarskynlik ook nie die laaste boek wat vernietig word nie. Ek dink wel dat as ons inligting deel wanneer so iets op hande is, dat dit hopelik help dat mens nie onder die indruk verkeer dat jy maar altyd iewers ‘n kopie kan opspoor wanneer nodig nie. Want dit is nie die werklikheid nie. As ons weet, kan ons besluite maak.

    Reply
  9. Thea Moller says:
    21 June 2022 at 22:47

    Ek versamel Afrikaanse digbundels/ bloemlesinngs

    Reply
  10. Joan Hambidge says:
    21 June 2022 at 20:39

    Een van die beste bloemlesings oor vrouedigters in Afrikaans. Skokkend.
    Karen de Wet het ongelooflike werk gedoen om vergete digters aan die vergetelheid te ontruk.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d