Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 202214 July 2022

Mediaverklaring: AVBOB Poësie

 

 

 

MEDIAVERKLARING: AVBOB Poësie

Uitgereik: 14 Julie 2022

 

Poësie vir almal met die bekendstelling van die sesde AVBOB Poësiekompetisie

Die sesde seisoen van die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie open op 1 Augustus 2022 vir inskrywings in al 11 amptelike tale. Weer wag daar ruim kontantpryse op die wenners.

Suid-Afrikaners op alle vlakke van die samelewing word aangemoedig om hul keurigste woorde van liefde en hoop, moed en troos in digvorm uit te druk. Die beste inskrywings in elke taalkategorie sal in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer word en terselfdertyd vir die skrywer R300 verdien. Die eerstepryswenners in elke taalkategorie sal ’n groot prys ter waarde van R12 500 ontvang. Dit sluit in R10 000 kontant, ’n boekbewys van R2 500 en die gesogte AVBOB Poësietrofee.

Volgens Carl van der Riet, Uitvoerende Hoof van AVBOB, “Dit is ’n riem onder die hart om te weet dat ons almal in oomblikke van ons grootste hartseer of vreugde dieselfde emosies as ons voorouers van vorige eeue ervaar. Dis in sulke tye, wanneer dit voel of ons nie meer woorde het nie, dat ánder se woorde ons troos of steun kan bied. Die doel van die AVBOB Poësiekompetisie is om ’n gesamentlike ruimte te skep waar alle Suid-Afrikaners hul diepste emosies met mekaar kan deel.”

Digters kan tot 10 gedigte via die aanlynwebtuiste indien. Die top drie in elke taalkategorie sal in die jaarlikse gedrukte bloemlesing opgeneem word. Alle gedigte op die kortlys sal in Engels vertaal word om ’n gees van begrip en samesyn onder Suid-Afrikaners aan te wakker.

AVBOB Poësie se sosialemediaplatforms is propvol wenke oor hoe om aan die gang te kom, sowel as aanwysings deur die beoordelaars. Drie verskillende bronne is op die AVBOB Poësie-webtuiste beskikbaar om aspirantdigters te ondersteun en aan te moedig. Dit sluit in deskundige advies, artikels oor suksesvolle digters en redaksionele riglyne. ’n Toevoeging vanjaar is ’n reeks gratis aanlynwerksessies wat voor en tydens die kompetisie aangebied word deur ervare digters en uitgewers wat jou skeppendheid sal inspireer en aanspoor (werksessiebesonderhede sal op AVBOB Poësie se sosialemediakanale bekend gemaak word).

Om aan die sesde AVBOB Poësiekompetisie deel te neem, registreer by www.avbobpoetry.co.za. Skryf tussen 1 Augustus en 30 November 2022 10 gedigte in jou moedertaal in. Dalk is jý die volgende wenner!

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← William Rowland. Aankoms
Myrtle Theart. Pa se huis →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d