Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 August 20221 August 2022

Myrtle Theart. Pa se huis

 

 

Pa se huis

My eerste besoek in
Pa se huis
waar ek self moet oopsluit

Sy oë volg my
Ek hoor die bekende lag
as ek sy kondensmelkblik
agter boeke weggesteek kry

Daar is genoeg skaapvleis,
melk en eiers in die yskas,
krummelpap in die kastrol
om ons te laat aansit
by die gedekte tafel vir twee

Pa sal my mooi vra
om dié keer nie so haastig
te wees nie – ek sal instem
om die oorbekende stories
oor en oor te hoor
al voel ek vandag soos Pa se
blom- en groentetuin
wat verwese en wees
hangkop treur

Ek besweer my seer
deur jou kondensmelkblik
se soet te sluk, te drink op geluk
wiegend in die wiegstoel, in
Pa se huis

 

Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Mediaverklaring: AVBOB Poësie
AVBOB Persverklaring →

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Vrijgeleide voor piekeraars
  • Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
  • Bert Bevers. Schommels zonder
  • Nuwe bundel: Rumi: Liefdesverse en aanhalings
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Eduan Naude on Eduan Naudé. Aksent7 December 2023

    Ag dankie Nini ;)

  2. MC du Plessis on Anne-Marie Bartie. Soluswese6 December 2023

    "Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie…

  3. Nini Bennett on Eduan Naudé. Aksent5 December 2023

    Wat 'n heerlike gedig, Eduan!

  4. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  5. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon