Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 202214 July 2022

Meyer van Rensburg. Klokhuis

 

Klokhuis

(vrye verwerking van Rosalía de Castro: Las campanas)

 

Ek hoor klokke bimbam beier

oor geboue, vlaktes, heuwels

bly die windgeruis hulle gebengel

verleng tot murmelende noot fonteine

’n sonante lammer-roep

salig soos ’n kind se singery

voël campaniles in die ruimtes

wat die eerste sonligstraal

himnies met hul stemme salueer;

primo tenore en soubrette

met canto’s a capella

om gelowiges te roep

aanmoedigend te sê hoe laat dit is:

sou hul lierelied vir ewig wegkwyn

is dit ’n oneindige verlies

want dié contralto’s, alte en tenore,

baritons en basse is elisiese klankkore

met luisterryke invokasies

hemelkuns  rapsodies in ekstase

vir die hele wêreld om te hoor

want as vrede-klokke weergalm

sal alle oorlog trommelaars talm

 

so, as jy vra hoekom die klepels klingel:

hulle lui

oor en oor

eerstens jubelend vir my

maar ook

las campanas doblan por ti:

die klokhuis-klanklied is offisieel

as presiese fees-komposisie ingedeel

heel hoogwaardig net vir u.

 

© Meyer van Rensburg, 2022

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Copernicus: Gesprekke met God
Meyer van Rensburg. Skotse Granny pine (Pinus sylvestris) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d