Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 2022

Meyer van Rensburg. Skotse Granny pine (Pinus sylvestris)

 

Skotse Granny pine (Pinus sylvestris)

 

Knoestig verdraaid en erg verkrom

deur al die jare

sprei die antieke Skotse den

matriargale arms ver en wyd

terwyl die eeue aanpasseer

dekades en primaatgeslagte

se stryde en beproewings

dein in vlieswolkie-wentels

oor die Hoogland-woud.

Deur haar grootmoedertakke, keëls

en glansblougroen dennenaalde

– oor en weer gekruis, tartangeruit

teen persblou-en-wolkwit lug –

sing winde sussend wiegeliedjies.

 

Gerugsteun teen die growwe grysbruin stam,

raak mens vaak en lui,

sink weg, verwonderd, halfverdwaal

slaap kameleonties

in magiese metamorfose

een met plantseisoene, diere

en word in die dopeling-onderdompeling

van immergroen blare-skaduspel

bewus van die epog-oseaan

se eb-en-vloei-lewensappe

in haar kronkelende knobbelstam.

 

Eensklaps,  in middel-lente,

bars droë dennebolle oop, gedetoneer

met ’n abrupte geknetter

wat die kalmte versteur

om saadeiers gevlerk te verspetter

en só nuwe lewens te verwek

 

dan sak die rustigheid weer neer

sodat die kroos kan groei,

verander en floreer:

onder haar geruite kiltsambreel –

haar leine croich,

’n tarlatantabberd –

evolueer generasies

van rooi eekhorings, nooiensuile,

dagsku vlermuise en ratels,

houtkappers, swartlysters, merels

blou loeries, skoenlappers,  kwartels

en bye wat blomstof en  eikels kan

geniet: vrylik voorsien

uit haar snoepery sporran

 

wildekatte, koperkleur slange,  bont

reptiele, kewers, hope miere wriemel

al eras lank deur die getye

tussen haar duisend worteltone rond

 

en tog, en tog,

haar dae is nog steeds

onvolledig, onvoltooid

tot sy na sewe eeue eindelik

knakval en só begin

deel word van die klein kosmos

die hele korsmosgesin

wat sy so lank behoed

het dat termiete, ruspers, wurms nou

steeds oneindig op haar bly voed.

 

© Meyer van Rensburg, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Klokhuis
Meyer van Rensburg. Vincent:  sonneblomme en sipresse →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d