Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 August 202227 August 2022

Joan Hambidge. Sylvia Plath in ‘n onderhoud

 

Sylvia Plath in ‘n onderhoud

1962

 

Poësie is my tiran:

lees hierom my verse hardop voor

sodat die woordmannekyne mag praat

namens my. Net myself en die dood

van my vader oorheers my binnelandskap

soos ‘n Nazi in Dachau; my roeping

soos ‘n bloeiende klein homunculus, hierdie duim:

waarskuwend, dwingend, woedend …

 

Dus beweeg ek wég van die Britte,

muilbanders van die digkuns, keelafsnyers:

diegene wat klanke van opstand of teenstand verpand.

Robert Lowell en Anne Sexton ontsluit

dié inperkende dwangbuis:

dig oor ervarings van depressies,

besoeke aan inrigtings, familie-pyn

waarvoor geen medikasie deug …

 

Manipuleer my ervarings met kontrole,

in helderheid én distansie: ‘n horror vacui.

Lees eerder boeke oor Napoleon en Dachau …

Voorheen dalk Dylan Thomas, Yeats en Auden;

herontdek William Blake, die heldersiende,

se demone en begeesterde engele.

 

Ek hoef nie oor die natuur te dig nie;

eerder oor dié oorlog wat woed

in my afstandelike gemoed

oor my vertrekkende, afwesige vader,

daardie Daddy wat my opsluit

in hierdie wit papierhel.

 

Ek luister na die hoewe

van woorde se vertrek.

Ach, ach, du.

Herr God, Herr Lucifer.

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennet. Eindnotas
Joan Hambidge. Hoe lees ons? VII →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Sylvia Plath in ‘n onderhoud”

  1. ilze bruggemann says:
    23 August 2022 at 16:24

    “Ek hoef nie oor die natuur te dig nie;

    eerder oor dié oorlog wat woed

    in my afstandelike gemoed”

    Inderdaad, want die natuur voel te ver weg, wat hier, onder my huid is, is soveel nader aan die werklikheid en moet dus herhaaldelik verwoord word.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d