Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 September 2022

René Bohnen. Ars poetica

 

Ars poetica

 

Verdwaal. Eers was sy op die verkeerde trein. In ʼn vreemde land. Die alfabet is kwashale en krulle. Dis dan hoe dit voel om ongeletterd te wees, dink sy. Op stasie Draakkop- met- drie- strepies- dwars.

Haikoes het sy nog net in vertaling gelees. Meestal Engels. Soos Hokusai s’n.

 

I write, erase, rewrite

Erase again, and then

A poppy blooms

 

Mettertyd op sarsies in Afrikaans afgekom. Wat eie onthoue oopvou. ʼn Voëlvlerk. Die besinning van ʼn oerbos-besoek. Soos La Grange s’n.

 

Plons jou loerielied

in stilte wat soos water

kring van boom tot boom

 

Veel, veel later, hardlope gehardloop, rooi taxi gekry, Poetry Event venue gevind, kom die vrou tot taal en verhaal. Sy luister en haal asem, haal asem.

In die naglug dryf beelde van beitels en flitse en die bejaarde figuur op die verhoog in hierdie Hongkongse herfs.

 

digter se kierie

skei die swaar swart gordyne –

ʼn geelryp volmaan

 

© René Bohnen, 2022

 

_____________________________________________________________________

Katsushika Hokusai – haikoe in die publieke domein.

La Grange, Retseh: 1981. Vlinderstiltes, Pretoria, Errol Marx Uitgewery.

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← René Bohnen. Vlinderkafee
René Bohnen. Lentevariasies →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d