Mahatma Gandhi, Ladysmith
Ná die kleingeweervuur en kanonne
tussen die klipkoppies stilgeword het,
het die skraal baarddraer en sy makkers
opgestaan en vinnig hulp gaan verleen.
Die vermaarde man met die lendedoek,
kierie in die hand en arms gelig
staan verlate voor die Bishnu-tempel
waar rooi malvas teen die heining skryn.
In die dwingende middagverkeer staar
ek van die sypaadjie af na die gebou
en die begroenspaande beeld, ingedwing,
waar Gandhi se opmars eens begin het.
© Johann Lodewykk Marais