Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 December 2022

(25) Johann Lodewyk Marais. Naggesprek

 

Naggesprek

 

Ons gesprekke het oor afstand gedy

en in hierdie aand was ons sinne kort,

ons woorde min terwyl jy verder reis.

So eindig dit nié, weet ek en jy goed:

My liefde het jou reeds binnegedring,

hul sterte soos paddavissies verloor,

bly groei en ons nuwe bestaan begin.

Nou trek ek jou lig aan die hand nader

om in dieselfde donker mekaar te vind.

Die nag is koud buite en die wind waai

oor die glooiings van die berge, dale

en ons hier op die rand van die aarde:

oop en bloot wanneer ons mekaar eien,

ek in jou oë kyk en jou vingers vind.

Jy het die skulp saamgebring, die teken

van die Groot Mere waar jy vrede soek.

Jy is op verskillende plekke tuis,

oor die verwyderde oseaan

waar sneeu jou inhok, of soms buite lok:

snags, gewek deur die oranje ligte

en draaialarm van die sneeuskraper,

hoor jy hoe geluide in die nag trek,

ver oor die stilte van die sneeu kan voortduur

in die vroeë oggendure om vyf.

Maar soms is daar die pragtige blou lug

met geen wolk in sig: net die stil wit aand.

Ek moet jou nog vertel van my winters

in uithoeke van die land waar winde

skuins-oos waai by die houtvenster, weeklaag

en dennebolle op die sinkdak val

en saans ’n kaggel klein my warm brand.

Dit was my winterdae lank, lank terug.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Mahatma Gandhi, Ladysmith
Johann Lodewyk Marais. Charlotte →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d