Umphafa
Hoe sal ek die aardse geeste
van hul voorvaders stilmaak –
dié wat op die aarde rondloop?
Van ’n blinkblaar-wag-’n-bietjie
met blaartjies tussen fyn dorings
en gladde, koeëlronde bessies
pluk ek ’n tak wat weerlig keer;
pluk ’n tak vir die begraafplek
waar ek met bier en knypies snuif
die onrustiges vrede bring
wat by Isandlwana huiwer.
© Johann Lodewyk Marais