Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 2022

Catullus: Drie verse (vert. deur Jean Meiring)

 

Catullus 32

 

Samblief, my soete Ipsitilla,

my lekkerding, my sjarmanteling,

ontbied my smiddags na ‘n samekoms.

En – jy’t ook lus? – doen vir my ‘n guns:

los die buitedeur tog oopgesper

en besluit teen her- en dergaan;

bly tuis en berei die hele jy voor

vir, rug-aan-rug, negemaaldeurboor.

Wragtig, as jy ín is, gee nóú die opdrag:

Want dikgevreet en kosbevredig lê en luier

ek: my paal priem regdeur broek en baadjie.

 

 

Catullus 52

 

Wat issit, Catullus? Waarom’s jy so traag om heen te gaan?

Vól sit Pitsweer-Nonius die blink troon van die markdirekteur;

sy hele konsulskap deur, verfyn Vatinius die kuns van meineed:

Wat issit, Catullus? Waarom’s jy so traag om heen te gaan?

 

 

Catullus 53

 

Ek’t geskater vir Meneer Naamloos uit die skare

wat – pás toe my mater Calvus met ‘n flink betoog

Vatinius se wandade werp onder die loep se oog –

bruisend van bewondering, sy hande ophys en skree:

“Grote gode, daar’s ‘n suikerbek op daai stofpoeper!”

 

© Jean Meiring, 2022

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Catullus. 69 & 70 (vert. Jean Meiring)
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [9] →

1e kommentaar op “Catullus: Drie verse (vert. deur Jean Meiring)”

  1. Joan Hambidge says:
    25 November 2022 at 20:15

    Goeie vertalings. Ek hoop dit word ‘n boek!
    Jou klassieke agtergrond in nagraadse studies aan die Universiteit van Stellenbosch werp hier vrugte af.

    Soos Douglas Reid Skinner en kollega Richard Whitaker
    lewer jy ‘n enorme bydrae.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai

Nuutste kommentaar

  1. Dr PS Swathe on Margaret Cordier-Biermann. Soom22 October 2026

    Ja nee ne

  2. Dr PS Swathe on Marius Crous. Vier gedigte22 October 2026

    Paar swak reels aanmekaar gekak.

  3. Dr PS Swathe on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Die resensie plaas nie 'n enkele goeie gedig nie. Die bundel is hopelik beter as alledaags.

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Nou ja toe. Vragie: Is hierdie gedigte werklik so 'centre aligned ' geskryf? Wow, dis dapper. Of nie. En 'n…

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d