Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 December 2022

(6) Franco Colin. Kilauea-kosmetologie

 

Kilauea-kosmetologie

 

Agt Hawaise moesies het op haar Stilsee-aangesig

gestoel –  Me A. bekla dié skending luidrugtig, blaas

met slordige ghwel-lelle sissend stoom af.

Voor haar ydel, asuur dolly vardin-spieël

kouteriseer sy dié gewasse met ʼn spitsgevylde,

vurige laknael, met ʼn vuil blomkoolrookpluim

wat bo-oor blom, omen van die tumult

wat volg: die Estée Lauder-magmamasker

stroom oor die verskroeide ulkusse, eksfolieer

haar aangesig van krotvratte, vullis-

rooisel, onkruidonderlaag en plakkerpadplooie,

laat haar vel aanvanklik nog vol smeulrooi

inflammasie en spuwende bloeiers.

Maar haar aanskyn bedaar, want die oordaad

stol tot obsidiaanrowe en genees

met die postmenopousale gloed gestelp,

kraaipote met basaltbotox geplet.

Haar prikkelbare derm brom steeds

maar sy pruil haar opgepofte

bergkranslippe, poseer met ontblote klowe

in nuutgevonde prikkelpopwellus

vir ʼn National Geographic centrefold,

die ene Eva in ʼn transparante oggendmispeignoir:

Mammie-A, die ewige, onvergenoegde

oereilandsloerie.

 

© Franco Collin, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Franco Colin. Virgin Active 2: Narcissus muscularis
Franco Colin. Tarzan the Ape Man in die laerskoolsaal →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d